My ontmoeting met Christus, die begin van my reis.

My ontmoeting met Christus, die begin van my reis.  Jeremia29:11

Al het ek in n godsdienstige huis groot geword het ek glad nie n verhouding met God gehad nie. Een aand droom ek dat my familie almal hemel toe gaan behalwe ek, en ek besef dit was n waarskuwing van God. Net daar en dan, in my graad 11jaar, besluit ek om Christus aan te neem. Min het ek geweet, dat dit die begin was van die res van my lewe.

Elke jongmens drome, ambisies en myne was om vir die Suid-Afrikaanse lugmag basis, as vlienier te werk. Julle kan dink hoe opgewonde ek was toe daar in die koerant poste aangebied was by die lugmag. Ek het aansoek gedoen en moes n toets gaan afle. My mees opgewindendste dag het uitgedraai in teleurstelling toe ek moes hoor ek het dit nie gemaak nie. En daar sit ek toe, na matriek, geslaag met uitstekende punte, sonder werk of rigting. My drome was verpletter.

Ek kon nie by die huis sit nie, soos ons ouers maar is, moan heeltyd op n mens se kop, “jy moet gaan werk soek”. Die enigste beskikbare werk was om vir Mr. Price Home te gaan werk. Ek moes hard werk om n baie klein inkomste te verdien. My naweke was werk om ingedoen te word deur bestuurders en die giere en maniere van kliente. Wat anders kon ek doen? Werk was skaars. Ekon nie eers by die huis van die here uitkom nie. EK was moedeloos, ek het besluit gemaak,nooitsal ek permanent so werk nie.Daar moet beter instoor wees.Ek het God aaangeroep en my gebedsversoek uitgestuur.Nie lank daarna vertel n vriend van my(nou my verloofde)van haar plan om n lug waardin/flight attendatnt te word. Sy het op kursussse op die internet afgekom en wou weet of ek nie belangstel nie.Julle moet verstaan dat enige iets wat met n vliegtuig te doen het, het my geintereseer.Baie mense dik dit is net dames wat op vliegtuie as flight attendants werk, maar julle sal verbaas wees hoeveel  mans dit doen.Toe sy my vra of ek nie belang stel nie het alles in my ja gese, maar raai hoeveel het die kursus geld beloop R17000! Al uitweg was n bank lening.Ek moes gou uitvind,dis glad nie so maklik soos dit klink nie.Deure het reg voor my gesig toegeklap.Ek en my familie en gelowige broers het. En toe begin wonderwerke gebeur.Binne daardie week het mense van alle rigtings geld gee te bate van my kursus.DIT IS WAT GOD KAN DOEN!.n Dag voor die tyd kon ek die hele bedrag in betaal en ons is op die vliegtuig Johannesburg toe.Voor elke groot toets het ek altyd n gelowige gevra om vir my te bid,ek het ook hard studier. Ek moes n sukses maak van die geleentheid en met die hulp van God het ek die beste geslaag van almal.Julle sal seker dink toe ek my sertifikaat kry,alles het in plek geval?Glad nie al het ek kwalifikasies gehad ek werk gaan soek glo my dis harde werk.n Tyd het omgegaan en tot my my vernederingg moes ek my tots in my sak steek en weer gaan aansoek doen by Mr Price Home.Gelukkig het hulle werkers benodig.Ek kon aanvoel hoe die ander werkers van my grappe maak,maar ek moes maar sterk wees. Dit het my aangemoedig om meer ernstiger na ander werk te soek.Ek het God begin bevraagteken en gewonder hoekom ek die pad moes stap maar God het dit alles haarfyn beplan……

Een middag kry ek n oproep van 1Time Airlines om vir n ondehoud te kom. Onmiddelik het ek God begin te prys. By die onderhoudslokaal was daar n klomp candidate en net 3persone sou aangestel word.Ek het net gebid en kalm geraaken in my gebroke engels het ek die vrae beanwoord tot die beste van my vermoe.Om eerlik te wees ek het nie gedink ek sou dit maak nie.Ek was net myself en het my beste gegee. God was in beheer. Onder al daai Cape townian mooi mense kies hulle n Macassar klong om vir 1Time Airlines te kom werk.

Advertisements

One thought on “My ontmoeting met Christus, die begin van my reis.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s